Hallo Deon,
Hiermee ‘n foto (hoë kwaliteit, so jy kan kleiner maak vir internet) die naweek geneem, nou dat my swembad 100% weer ‘operasioneel’ is na die teel werk en al die bykomstige werk wat ek laat doen het. Soos jy op die foto kan sien lyk die teelwerk, kleur met kabbelende water, uitstekend! Ons het al heelwat komplimente van kuiergaste ontvang. Dus, wil ek graag dankie se vir die kwaliteit werk wat jul gelewer het, want die eindresultaat oortref ons verwagtinge!
Jy kan gerus die verwysing, met foto, op jou webwerf plaas. Sterkte vorentoe!